'n Moslem of Moesliem (Arabies: مُسلِم) is 'n aanhanger van die Islam-geloof. Die aanduiding kom van die Arabiese woord 'muslim' (مسلم), wat 'iemand wat homself oorgee (aan Allah)' beteken. Die wêreld tel 1,62 miljard Moslems (2009), oftewel 23 persent van die wêreldbevolking en daarmee die tweede belangrikste religie ná die Christendom.[29][30] 80 tot 90 persent van die Moslems is Soenniete en 10 tot 20 persent Sjiïete. Die Islam is die belangrikste religie in die Midde-Ooste, in die Sahel, aan die Horing van Afrika en in Noord-Afrika.[31][32][33][34]Afrika is die enigste kontinent met 'n Moslemse meerderheid (52,39%).[35] China, die Balkan en Rusland het ook groot persentasies aan Moslembevolking.[31][36] In Wes-Europa is die Islam die tweede belangrikste godsdiens ná die Christendom met 6 % van die totale bevolking.
Die grootste Moslemland is Indonesië met 12,7 %, gevolg deur Pakistan (11,0 %), Indië (10,9 %) en Bangladesj (9,2 %).[31][37] Sowat 20 % van alle Moslems woon in Arabiese lande.[38] In die Midde-Ooste is Turkye en Iran die twee nie-Arabiese lande met die grootste Moslembevolking en in Afrika is Egipte en Nigerië die twee lande met die hoogste Moslembevolking.[31][37]
↑"Muslim Population by Country". The Future of the Global Muslim Population (in Engels). Pew Research Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 12 Desember 2018.
↑ 24,024,1"Chapter 1: Religious Affiliation". The World’s Muslims: Unity and Diversity (in Engels). Pew Research Center's Religion & Public Life Project. 9 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 4 September 2013.
↑(en) Breach of Faith. Human Rights Watch. Junie 2005. p. 8. Besoek op 29 Maart 2014. Estimates of around 20 million would be appropriate
↑(en) Larry DeVries; Don Baker; Dan Overmyer (1 Januarie 2011). Asian Religions in British Columbia. University of Columbia Press. ISBN978-0-7748-1662-5. Besoek op 29 Maart 2014. The community currently numbers around 15 million spread around the world{{cite book}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)
↑(en) Juan Eduardo Campo (2009). Encyclopedia of Islam. p. 24. ISBN978-0-8160-5454-1. Besoek op 29 Maart 2014. The total size of the Ahmadiyya community in 2001 was estimated to be more than 10 million
↑"Ahmadiyya Muslims" (in Engels). pbs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 6 Oktober 2013.
↑"Executive Summary". The Future of the Global Muslim Population (in Engels). Pew Research Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2013. Besoek op 22 November 2012.
↑"Region: Middle East-North Africa". The Future of the Global Muslim Population (in Engels). Pew Research Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2013. Besoek op 22 Desember 2011.
↑"Region: Sub-Saharan Africa". The Future of the Global Muslim Population (in Engels). Pew Research Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2013. Besoek op 22 Desember 2011.
↑Encyclopædia Britannica. Britannica Book of the Year 2003. Encyclopædia Britannica, (2003) ISBN 978-0-85229-956-2 bl. 306